Sponsored Content
SAKENUUS - By Laerskool George-Suid staan akademiese uitnemendheid sentraal tot alles wat gedoen word.
George-Suid streef daarna om leerders nie net met kennis toe te rus nie, maar ook om kritiese denke, probleemoplossing en selfstandige leer te ontwikkel.
’n Belangrike deel van hierdie benadering is dat daar in die klaskamer op kritiese denkvaardighede gefokus word. Leerders word aangemoedig om vrae te vra, inligting te ontleed en kreatiewe oplossings vir uitdagings te vind.
Hierdie vaardighede word doelbewus in die onderrig en assessering geïntegreer.
George-Suid se STEM-inisiatief bied aan leerders die geleentheid om hul belangstelling in wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en wiskunde verder te ontwikkel. Deur praktiese aktiwiteite en uitdagings word innovasie, samewerking en probleemoplossing bevorder.
Taalontwikkeling geniet besondere aandag. Leerders neem jaarliks deel aan die WOW-spelfees, waarna die beste spellers die skool by die Loerie-spelkompetisie verteenwoordig.
Ons is trots op ons top vier spellers wat volgende kwartaal aan die kringkompetisie gaan deelneem.
Volgens die skoolhoof, Sas du Plessis, volg die skool ’n doelgerigte vierjaarstrategie om projekgebaseerde onderrig en kritiese denke toenemend deel van die daaglikse leerervaring te maak.
“Ons wil leerders voorberei vir die wêreld waarin hulle eendag gaan werk en leef. Daarom beweeg ons doelbewus weg van ’n uitsluitlike fokus op toetse en eksamens na leerervarings wat kreatiwiteit, samewerking, kritiese denke en probleemoplossing bevorder.”
By Laerskool George-Suid word ware sukses gemeet aan die vermoë om kennis sinvol toe te pas. Ons wil leerders hoërskool toe stuur wat met selfvertroue die uitdagings van die toekoms kan aanpak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’