Sponsored Content
SAKENUUS - Op 26 Februarie 2025 het die Suid-Kaap ‘n nuwe hartklop gekry toe Aros sy Suid-Kaap-kantoor in George amptelik geopen het.
Wat op daardie dag as die opening van ‘n kantoor begin het, het vinnig tot iets veel groter ontwikkel: ‘n sentrum van diensbaarheid, gemeenskapsbetrokkenheid en hoop vir die toekoms.
Slegs ‘n paar maande later het hierdie verbintenis op ‘n besondere manier erkenning ontvang toe Aros as wenner in die Best of George-toekennings in die kategorie 'Education, Lessons & Coaching: Best Tertiary Education Institute' aangewys is.
Hierdie prestasie is nie bloot ‘n toekenning nie - dit is ‘n bevestiging van die vertroue wat die gemeenskap in Aros plaas en ‘n bewys dat mense steeds passie, toewyding en ‘n opregte hart hoog ag.
Die afgelope jaar was ‘n tyd van groei, leer en dankbaarheid.
Vandag, meer as ‘n jaar ná die vestiging van die Suid-Kaap-kantoor, kyk ons met dankbare harte terug op ‘n reis wat deur God se genade en die ondersteuning van die gemeenskap gekenmerk is.
Hierdie groei sou nie moontlik gewees het sonder die mense wat saam met ons die pad stap nie - studente, skole, ouers, vennote en gemeenskapslede wat elke dag help om die visie van Aros te verwesenlik.
Aros-studente kuier tydens ‘n sakekamergeleentheid.
Leierskap
‘n Belangrike deel van hierdie suksesverhaal is die leierskap van dr. Francois Joubert, wat die Suid-Kaap-kantoor met merkwaardige passie, integriteit en deernis bestuur.
Sy betrokkenheid strek veel verder as die daaglikse administrasie van die kantoor. Hy leef die waardes van Aros uit deur studente te ondersteun, voornemende studente met geduld en begrip te begelei en betekenisvolle verhoudings binne die gemeenskap te bou.
Onder sy leiding het die Suid-Kaap-kantoor nie net die voetspoor van Aros in George en die omliggende dorpe gevestig nie, maar ook deel geword van die hart van Aros.
Aros-studente was van meet af entoesiasties oor die nuwe George-kantoor: Hulle het spoedig by die verskeie uitreikaksies en informele byeenkomste van die George-kantoor betrokke geraak, met dr. Joubert aan die stuur.
Op akademiese vlak het die interaksie tussen studente hier bygedra tot die ondersteuning van mekaar ten opsigte van die eise wat die akademie stel.
Skoolhoofde kuier saam met Aros by die ‘n jaarlikse gholfdag.
Diensbaarheid
Hierdie fokus op mense sluit direk aan by Aros se jaartema vir 2026: diensbaarheid.
By Aros glo ons dat ware sukses nie slegs aan prestasie gemeet word nie, maar aan die wyse waarop ons ander dien.
Diensbaarheid beteken om beskikbaar te wees, met empatie na mense se behoeftes te luister en ons kennis en talente in diens van ander te stel.
Hierdie waarde vorm die kern van alles wat ons doen – van ons akademiese programme tot ons betrokkenheid by skole en gemeenskappe.
Aros-studente kuier saam tydens ‘n maandelikse koffiekuiergeleentheid.
Hoërskoolbesoeke
Een van die belangrikste funksies van die Suid-Kaap-kantoor is die gereelde besoeke aan hoërskole in die streek.
Aros se studentewerwers reis deur die Suid-Kaap om met leerders, onderwysers en ouers oor studiemoontlikhede en beroepskeuses in gesprek te tree.
Hierdie besoeke omvat egter oor veel meer as die bekendstelling van kwalifikasies: Dit dien as geleenthede om jongmense aan te moedig, hul potensiaal raak te sien en hulle te help om te ontdek hoe hulle hul unieke roeping kan uitleef.
Aros se bemarkingsbestuurder, me. Nadia Scott, kuier by Hoërskool Outeniqua tydens ‘n werwingsgeleentheid.
Tydens hierdie gesprekke het dit duidelik geword dat daar ‘n groeiende behoefte bestaan aan gehalte-onderwysersopleiding wat op ‘n Christelik-reformatoriese grondslag gegrond is.
Aros is trots daarop om juis op hierdie behoefte te fokus deur studente toe te rus met die kennis, vaardighede en waardes wat nodig is om ‘n blywende verskil in die onderwys te maak.
‘n Aros-advertensiebord by Hoërskool Outeniqua.
Studieaanbod groei
Terselfdertyd bly Aros voortdurend groei en ontwikkel. Die uitbreiding van ons studie-aanbod vorm ‘n belangrike deel van ons strategiese fokus.
Ons verstaan dat die behoeftes van studente en die arbeidsmark voortdurend verander, en daarom werk ons doelgerig daaraan om nuwe geleenthede te skep wat relevant, betekenisvol en toekomsgerig is.
Hierdie uitbreiding weerspieël ons begeerte om meer mense toegang te gee tot hoër onderwys van hoë gehalte en professionele ontwikkeling.
Hoewel onderwys steeds die kern van Aros se identiteit vorm, kyk ons ook met opgewondenheid na nuwe moontlikhede buite die tradisionele onderwysveld.
Aros-studente kuier in by die Aros-kantoor.
Groot planne is reeds ter tafel gelê om Aros se invloed en bydrae verder uit te brei. Ons droom daarvan om ons vlerke wyer te sprei en nuwe studierigtings en opleidingsgeleenthede te ontwikkel wat studente vir ‘n verskeidenheid beroepe voorberei.
Hierdie visie word gedryf deur dieselfde doel wat ons van die begin af gelei het: om mense toe te rus om hul roeping met uitnemendheid en diensbaarheid uit te leef.
Best of George-nominasie
Die Best of George-nominasie vir 2026 dien daarom nie as ‘n eindpunt nie, maar eerder as ‘n bemoediging om voort te gaan.
Dit herinner ons daaraan dat elke gesprek, elke skoolbesoek, elke student en elke geleentheid om te dien ‘n waardevolle deel van ‘n groter verhaal vorm.
Dit motiveer ons om nóg dieper in die gemeenskap betrokke te wees, om nóg meer mense te ondersteun en om ons impak nóg groter te maak.
Ons wil graag die inwoners van George, Mosselbaai, Oudtshoorn en die hele Suid-Kaap opreg bedank vir hul ondersteuning en vertroue.
Dankie dat julle Aros met ope arms ontvang het. Dankie dat julle saam met ons droom, saam met ons bou en saam met ons glo dat hoër onderwys ‘n kragtige instrument vir verandering kan wees.
Terwyl ons vorentoe kyk, doen ons dit met geloof, verwagting en ‘n vaste verbintenis tot diensbaarheid.
Deur middel van God se leiding, toegewyde personeel, passievolle studente en ‘n gemeenskap wat vir ‘n groter doel saamwerk, glo ons vas: Die beste lê inderdaad nog voor.
Vir enige navrae kontak gerus vir:
Nadia Scott
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’