Gallery Video
GEORGE NUUSFLITS - Die Outeniqua Skougenootskap het die mees suksesvolle George Landbouskou nog aangebied met 'n rekordgetal besoekers.
"Daar is meer as 1 000 mense meer hierdie jaar deur die hekke met 'n totaal van 18 687 skougangers wat die geleentheid kom ondersteun het," het 'n tevrede skoukoördineerder, Susan Willemse gesê.
Skoupresident Gert Pretorius het die burgemeesters van George en Garden Route Distriksmunisipaliteit bedank vir hulle betrokkenheid en bywoning.
"Baie dankie ook aan elke borg, die besoekers, skouraad en die verkeer wat hul hande vol gehad het met voertuie wat na die skouterrein gestroom het."
'n Ligte oomblik.
Kyk 'n video hieronder.
Lees Donderdag meer in die George Herald en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'