NATIONAL NEWS - Agri Western Cape welcomed its new Chief Executive Officer, Mr Jannie Strydom, on 1 March 2019. Mr Strydom, who holds a Master’s degree in Agricultural Economics from the University of Pretoria, took over the reins from Mr Carl Opperman, who retired after 20 years as CEO of the organisation.
Mr Strydom has extensive experience as an agri specialist at financial institutions and lectured in Agriculture Management at Glen Agricultural College.
He also worked at the national Department of Agriculture and more recently managed a cooperative development programme for a USA based company funded by USAID. Mr Strydom says he is honoured to follow in the footsteps of Mr Opperman who left a valuable legacy in the sector.
“The Western Cape is built on a thriving and specialized agricultural sector. It is a privilege to be involved in organized agriculture and to contribute to taking the sector, as an economic key player, even stronger into the future, "Mr Strydom said.
Agri Wes-Kaap stel nuwe CEO aan
Agri Wes-Kaap het sy nuwe Hoof Uitvoerende Beampte, mnr Jannie Strydom, op 1 Maart 2019 verwelkom. Mnr Strydom, wat ‘n Meestersgraad in Landbou-ekonomie aan die Universiteit van Pretoria behaal het, neem die leisels oor by mnr Carl Opperman, wat na 20 jaar as HUB van Agri Wes-Kaap afgetree het.
Mnr Strydom het omvattende ervaring as ‘n landbou-spesialis by finansiële instellings en was ook ‘n dosent in Landboubestuur aan die Glen Landboukollege. Hy het vir die nasionale Departement van Landbou as landbou-ekonoom gewerk en het meer onlangs ‘n koöperatiewe ontwikkelingsprogram, wat deur USAID befonds is, vir ‘n VSA-gebaseerde maatskappy bestuur.
Mnr Strydom sê dit is ‘n voorreg om in die voetspore van mnr Carl Opperman te volg wat ‘n waardevolle nalatenskap in die landbousektor laat.
“Die Wes-Kaap is op ‘n vooruitstrewende en gespesialiseerde landbousektor gebou. Dit is ‘n voorreg om in diens van georganiseerde landbou te wees en by te dra om die sektor as ‘n ekonomiese sleutelspeler nóg sterker die toekoms in te neem,” het mnr Strydom gesê.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'