Die Bosteater is tot op sy grense uitgepak met gaste op piekniekkomberse en opvou-stoele wat elke stukkie beskikbare grond benut het om die twee "minnesangers" in die buitelug te geniet.
Gaste is deur pragtige dames in rooi verwelkom met ‘n ingevoerde sjokolade en
glasie wyn met die komplimente van Rooiberg Wynkelder.
Piper James, ‘n Skotse doedelsakblaser wat hom nou in Suid-Afrika gevestig het, het ‘n nommer of twee saam met die manne gedoen. Hy het Danie met groot gebaar tot ridder geslaan en sy eie rompie, gemaak van Suid-Afrikaanse tartan, aan hom oorhandig. Danie het onmiddellik agter ‘n skerm gaan staan om sy rompie aan te trek, maar het die gehoor verseker dat daar nog ‘n kledingstukkie onder die romp is.
Artikel en foto's: Mandi Botha
(1).jpg)
Die twee boerseuns sing uit volle bors O Flower of Scotland met begeleiding deur Piper James.