Tydens die loodsing van haar eerste digbundel, het sy gebieg dat sy selfs haarself verbaas het met haar nuutgevonde talent.
Die Dans van die Naguil is Donderdag by 'n plaaslike koffiekroeg bekend gestel waar die voorlesings roerend mooi was. Met 'n sterk stem het sy vertel, "Ek het een aand wakker geskrik met die woord 'biefstuk'. Ek het 'n pen opgetel en die gedig begin skryf. Die volgende oggend sien ek die koevert met my eie handskrif en dit het vir my gevoel dis iemand anders wat dit geskryf het, maar tog het ek dit geskryf sonder dat dit gesoebat en gevra het om geskryf te word."
Sy het 'n natuurlike boeiende styl van praat en skryf. "Ek het nooit lig deur die lewe gestap nie. As maatskaplike werkster het ek baie gesien en beleef."
Die gedigte is nie outobiografies van aard nie, met miskien die uitsondering van een wat aan haar man Hennie opgedra is. Die hartseer, ellende en mooiheid van die liefde en lewe is alles vervat in 72 gedigte. 'n Vriendin, Karen Marshall, het haar oortuig om dit te publiseer. Johansa Lamprecht het gehelp met die tikwerk en haar man, Ernest, met die nagaan daarvan.
Die boek getitel Dans van die Naguil is hier plaaslike gedruk met 'n treffende uil op die voorblad.
Die boeiende gedigte het "later oor my geklim om by my uit te kom. Dit het eintlik lastig geword," het sy vertel. Boeke is verkrygbaar by Karen Marshall by 044 850 1185 of 082 391 4591.
SAUK-omroepster Tanya Krause (links), luister aandagtig na die voorle-sing van Joeye van Heerden se gedigte Donderdagoggend by Coffee and More in George.
'Ons bring jou die nuutste George | Tuinroete nuus'