Terugvoering van 2012 en die bepaling van datums en beplanning vir 2013 sal die hoofbesprekingspunte op die agenda wees. 'n Beroep is gedoen op skole, drama-, musiek- en sangaf-rigters asook tuisskoolonderwyers om betrokke te raak.
Die sameroeper Yvette Brown vertel trots: "Ons het oor die 2000 inskrywings vir die 2012 Eisteddfod gehad, wat insluit visuele kuns, spraak en drama, musiek, sang en instrumentaal." Gedurende die Eisteddfod se AJV sal die Oktober-suksesse bespreek word.

Goeie Eisteddfod jaar ... Die senior trofeewenners saam met Wilhelm en Alet Fourie van Loerie Bakkery. Van links: Lara van Huyssteen (veelsydigheid - Loerie Bakkery-trofee), Alet Fourie (Loerie Bakkery - borg), Minda-Mari Minnie (nms. Hoërskool Blokfluit Ensemble), Garesha Coetzee (ontvang kunstrofee namens Anica Potgieter), Bianca van Huyssteen (drama), Wilhelm Fourie (Loerie Bakkery - borg), Emily Adair (musiek - sang) en Throy Petersen (musiek - instrumentaal). Foto: Mariette Landman.Terugblik .... Die George Eisteddfod-trofeewenners 2012 saam met die borg, Loerie Bakkery. Agter: Wilhelm en Alet Fourie van Loerie Bakkery (borg). Voor van links: Hilge Halbich (kuns: senior primêr), Marelise Coetzee (veelsydigheid - Loerie Bakkery-trofee), Megan Calder (musiek : sang), Johane Gerber (drama) en Daneil Muller (kuns: junior).