GEORGE KUNSTENUUS - Die kamerkoor Eden Camerata, onder leiding van dr. André van Zyl, vier vanjaar sy vierde bestaansjaar, met hul eerste optrede reeds op 7 Maart by Blue Mountain Village in George.
Die koor bestaan tans uit 22 lede en kombineer gewyde en sekulêre werke, meestal a cappella, maar soms met begeleiding van klavier, orrel, fluit of viool.
'n Groot hoogtepunt wag op 10 en 11 April met die multimedia-produksie Eterna in die George-kunsteteater onder leiding van dr. Ronell van Aswegen.
Die vertoning kombineer koormusiek van komponiste soos Edward Elgar, Ola Gjeilo en John Rutter met ballet, Spaanse danse en visuele beelde. Kaartjies is beskikbaar op Quicket.
Later vanjaar volg 'n spesiale konsert saam met die Heydeburghse Simfonieorkes in Augustus, en natuurlik die jaarlikse gewilde uitvoering in St. Mark's-katedraal, waar die koor se stemme 'n magiese ervaring vir gehore skep.
Die koor werk weekliks hard, hou oefen-kampe en fokus op groei en verfyning. Vroeër vanjaar is Eden Camerata gekies vir die Choral Celebration Network Foundation se Elevate-program, wat die koor se tegniek en eenheid versterk het.
Nuwe lede met 'n liefde vir koorsang word hartlik uitgenooi, veral tenore en basse. - Saamgestel deur Michelle Pienaar
Kontak Eden Camerata by [email protected] of WhatsApp 079 810 1528 vir oudisies en besoek hul Facebook-blad vir nuus en programdetails.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’