Gallery Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Sy was slegs nege jaar oud, in gr. 4 by Laerskool Outeniqua, toe Bernedette Botha se versies deur haar trotse onderwyser, Wena du Pissanie, voorgelees is.
Nou, jare later, het Bernedette haar heel eerste digbundel "by die huis" vrygestel. Juffrou De Pissanie en Bernedette se ma, Yvonne Botha, was daar om hierdie oomblik te deel.
Om met woorde te speel is in Bernedette se bloed. Sy het immers vars in gr. 8, by Hoërskool Outeniqua, vol erekleure ontvang nadat sy die Bloemfonteinse skrywerskompetisie gewen het.
Gaste wat die bekendstelling van "by die huis" verlede Donderdag 1 Mei by Attic Atelier bygewoon het kon nie genoeg van haar voorlesings kry nie.
Haar woorde is ongekunsteld, eerlik en rou.
Bernedette maak die deur oop na 'n woning wat ons almal goed ken.
Verhoudings is kompleks en gevoelens is werklik. Die trefkrag van haar gedigte is opgesluit in die eenvoud.
FOTOGALERY - Bernedette Botha debuteer met haar digbundel 'by die huis'
VIDEO: Bernedette Botha se digbundel by die huis skop nes by Attic Atelier
Die uitstalling, Wild, by Attic Atelier in CJ Langenhovenstraat het die regte atmosfeer vir hierdie geleentheid geskep. Anneke Coetzee van Outeniqua School of Music het vermaak met klawerbord en sang. Volg Bernedette op Instagram: @verslief
"By die huis" is Bernedette Botha se eerste digbundel, vars van die drukkers by Attic Atelier. Foto: Michelle Pienaar
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’