GEORGE NUUS - Dr. André van Zyl, dirigent van die Eden Camerata-kamerkoor, neem na drie jaar van toewyding afskeid van dié geliefde koor. Van Zyl verlaat George en gaan permanent in Kaapstad woon.
As ’n laaste groet aan Van Zyl se leierskap en bydrae tot die koor word ’n afskeidskonsert op Sondag 24 Mei om 16:00 by St Mark’s Katedraal aangebied. Toegang vir die publiek is gratis.
Tydens die afskeidskonsert sal die koor gewyde werke van onder andere Chris Lamprecht, Franco Prinsloo en Niel van der Watt uitvoer, met ’n afsluiting van ligter werke deur komponiste soos Gawie Cillié, John Rutter en André van der Merwe.
’n Besige jaar
Die Eden Camerata-kamerkoor het reeds ’n besonder besige en suksesvolle jaar agter die rug.
Vroeg in Februarie is die koor gekies as een van slegs drie kore in die Wes-Kaap om ’n meesterklas by te woon, aangebied deur Faye Prinsloo as deel van die Choral Celebration Network Foundation (CCNF) se Elevate-program. In Maart het die koor ook by Blue Mountain-landgoed opgetree.
Sedert 2025 werk die koor intensief aan hul deelname aan die Eterna-uitvoering, wat op 10 en 11 April in die George-kunsteteater aangebied is.
Tydens hierdie produksie, wat die vier seisoene deur sang, dans en fotografie uitgebeeld het, het die koor sewe werke uitgevoer van onder andere Beethoven, Elgar en Gjeilo.
In Mei tree Eden Camerata op by die ACVV (Kenani, Mosselbaai), met ’n verdere fokus op deernis en gemeenskapsliefde.
Vir inligting of aansluiting stuur ’n e-pos stuur na [email protected] of ’n WhatsApp na 079 810 1528. - Saamgestel deur Michelle Pienaar
In Mei tree Eden Camerata op by die ACVV (Kenani, Mosselbaai), met ’n verdere fokus op deernis en gemeenskapsliefde.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’