GEORGE NUUS - Vroue by Rosemoor tehuis vir bejaardes is Sondag 9 Augustus heerlik bederf.
Die span van Camilla Martin Nails and Beauty het die oggend saam met die inwoners deurgebring en hulle met verskeie skoonheidsbehandelings bederf.
Die besoek was 'n manier om Vrouedag op 'n betekenisvolle wyse te vier en vir die vroue by Rosemoor te wys dat hulle waardeer word.
'n Inwoner geniet 'n pedikuur. Foto: Verskaf
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’