GEORGE NUUS - Die leerders van die ATKV Kwagga-tak het Vrydag met hul liefdadigheidsprojek ’n verskil in die lewens van die inwoners van Rosemoor-tehuis vir bejaardes gemaak.
As deel van die projek het die leerders boeke wat ingesamel is, aan die inwoners uitgedeel en waardevolle tyd saam met hulle deurgebring. Die besoek het nie net leesgenot gebied nie, maar ook kosbare geleentheid vir geselskap en interaksie.
In samewerking met die Omgee Mense van George het die leerders ook, ter viering van Vrouedag, koek aan die vroue van Rosemoor uitgedeel.
Die projek was ’n mooi bewys van omgee en diensbaarheid, en het gewys hoe jongmense deur eenvoudige dade ’n positiewe verskil in hul gemeenskap kan maak.
Xaney Janse van Rensburg en Dioney Janse van Rensburg gesels lekker met Nina Gabriels ’n inwoner van die tehuis. Foto: Verskaf
- Saamgestel deur Marguerite van Ginkel
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’