GEORGE NEWS - Die plaaslike rugbyklub van Pacaltsdorp, Young Roses RFC, het 'n suksesvolle sewestoernooi gehou. Die Nelson Mandela 100 Years vs Young Roses RFC 10 Years Est is op die Pacaltsdorp-sportterrein aangebied.
Die spelers wil graag hul klubpresident, Charly Daman, asook koördineerder, Marshall Jacobs, en die ander plaaslike klubs bedank vir hul deelname.
Pacs Rooster het die toernooi gewen met NMU in die tweede plek. George RFC en GR-Titans van Knysna het ook deelgeneem. Young Roses bedank ook die borge wat die dag moontlik gemaak het met bydraes: Top Gear George en MultiSave Supermarkets.
Die wenspan van Pacs Rooster met hul trofee.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'