Die pad is in beide rigtings vir verkeer gesluit.
Na verneem word was drie voertuie betrokke, waaronder 'n bakkie wat teen 'n wal langs die pad op sy dak te lande gekom het.
Sover vasgestel kon word, het 'n voertuig voor die bakkie op die N2 ingedraai.
Die bestuurder van die bakkie, John Kapp, eggenoot van 'n werknemer van die Mossel Bay Advertiser, Lynette Kapp, word tans per ambulans na 'n hospitaal in Mosselbaai vervoer. Hy het blykbaar nekbeserings opgedoen.
Een van die voertuie het aan die brand geslaan en 'n ander is middeldeur geskeur weens die slag.
'n Polisiewoordvoerder van Albertinia, sersant Karna McIntosh kon nie meer besonderhede verskaf nie, maar het gesê die stasiebevelvoerder, kaptein Susan Botha is op die toneel.
Verkeer dam blykbaar in beide rigtings op.

Die een motor het aan die brand geslaan en 'n tweede is middeldeur geskeur.

Die bakkie het op sy dak te lande gekom.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Klein-Karoo nuus'