Dogtertjie verdrink in emmer water

GEORGE NUUSFLITS - Die polisie het bevestig dat 'n 1-jarige dogtertjie vanmiddag in 'n emmer water by 'n huis in Hansmoeskraal (naby Pacaltsdorp) verdrink het.
 
Kolonel H Blaauw sê die meisie se ma het volgens inligting iets in die huis gaan haal en met haar terugkeer die kind in die emmer aangetref.
 
Nooddienste-personeel, die polisie en lede van George-patologie was op die toneel.
 
Geen verdere inligting is tans beskikbaar nie.
 
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'


Show comments

Copyright 2017 Group Editors Co PTY Ltd t/a George Herald