Liggaam van 5-jarige dogtertjie gevind

Die toneel in Syferfontein waar die dogtertjie se liggaam gevind is. Foto: Lizette da Silva

GEORGE NUUSFLITS - Die liggaam van 5-jarige dogtertjie is vanmiddag in Syferfontein gevind. Polisie is steeds op die toneel.
 
Die dogtertjie is vermoedelik Saterdagaand om 18:00 laas gesien en sy is vanoggend na 11:00 as vermis deur haar ma aangemeld.
 
Die liggaam is nog nie verwyder nie, aangesien die polisie vir forensiese deskundiges wag om die toneel te fynkam en leidrade te versamel.
 
Majoor Generaal Oswald Reddy was ook op die toneel. Hy sê hulle gaan ondersoek instel na hoekom die slagoffertjie eers vanoggend as vermis aangeld is.
 
Geen verdere inligting is tans beskibaar nie.
 
 
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus' 
 
 


Your Comments

Copyright 2017 Group Editors Co PTY Ltd t/a George Herald