3 beseer in ongleuk op N2

Generic image.

GEORGE NUUSFLITS - Drie mense is beseer nadat 'n bakkie vanaand voor 19:00 op die N2-snelweg naby die Heroldsbaai-afdraai omgeslaan en gerol het. Die blyk of die voertuig in die rigting na George gery en na die R404 wou afdraai.
 
Die beseerdes, twee mans en 'n kind, is met paramedici se aankoms op die toneel buite die voertuig, gevind. Hulle is vermoedelik uit die Colt-bakkie geslinger.
 
Die mans is met ernstige beserings deur Metro-nooddienste en ER24 na die George-hospitaal vervoer. Die kind het n skouerbesering opgedoen en is deur Eden 911 na die hospitaal geneem.
 
Geen ander voertuie was betrokke nie. Die oorsaak van die ongeluk is onbekend.
 
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus' 


Show comments

Copyright 2017 Group Editors Co PTY Ltd t/a George Herald