GEORGE NUUSFLITS - Kommentaar oor 'n brief van die uittredende DA-raadslid Rassie de Villiers aan sy politieke hoofde as verduideliking vir sy besluit om die leisels op te hang, is wyd gesirkuleer.
Die oorspronklike brief se inhoud is reeds op Maandag 3 September aan die George Herald bekend gemaak. De Villiers het egter by navraag bevestig dat die brief privaat is en aan slegs vier individue in die party se topstruktuur gestuur is.
Die aanvanklike besluit om nie oor die brief te berig nie is egter gekortwiek nadat kommentaar oor De Villiers se skrywe wyd en syd met Whatsapp-boodskappe versprei is.
"Hierdie was interne kommunikasie aan die leierskap. Ek is bitter ongelukkig oor die 'verwerking' van my brief wat tans sirkuleer. Dit is totaal en al oordryf en die feite is verdraai," het De Villiers vanoggend (Woensdag 5 September) aan die George Herald gesê.
Lees meer in Donderdag se George Herald, as ook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'