GEORGE NUUS - Inwoners van Thembalethu het vroeër vandag Tabatastraat met brande motorbande versper.
Hulle is woedend oor voertuie wat jaag in die straat en eis dat spoedwalle aangebring word.
Lede van die publieke orde polisie eenheid is na die area ontplooi waarna die inwoners uiteen is.
Die polisie monitor die situasie.
Geen verdere inligting is tans beskikbaar nie.
Lees 'n verwante artikel: Tabata Street: Speed humps no option
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'