Update
GEORGE NUUS - Die bitter hofgeding tussen twee voormalige George-raadslede wat spruit uit onmin oor 'n munisipale parkeerplek, kom weer vandag, Donderdag, 10 Mei voor.
DA-raadslid Johan Stander en die voormalige DA-raadslid Gert Niehaus, het Woensdag 25 April vir die sesde keer in die George-landdroshof verskyn. Dit volg na 'n aanklag van aanranding teen Stander.
Die staatsaanklaer, Deshrie Padayachee, kon nie die hofsaak bywoon nie, en die saak is vir twee weke uitgestel.
Die saak volg na 'n insident in Oktober 2016, waartydens die twee raadslede slaags geraak het oor 'n parkeerplek. Beide Niehaus en Stander is intussen van die burgemeesterskomitee verwyder, en Niehaus het uit die DA bedank.
Lees vorige artikels:
- Parkeerpleksaak uitgestel vir twee weke
- Councillor's court appearance postponed
- Getuie in leêrstampery eis geld na nekoperasie
- Parkeerplek-saga weer in hof
- Parkeerplek-saak uitgestel
- Parkeerplek-bakleiery: Saak gaan voort
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'