Voorlopige ondersoek dui daarop dat die vrou vermoedelik met 'n skerp voorwerp gesteek is terwyl die man met 'n swaar voorwerp doodgekap is.
Dit is nog nie duidelik hoe toegang tot die slagoffers se huis gekry is nie omdat al die deure van buite gesluit was.
Volgens polisie is die egpaar wreed vermoor.