Gallery Update
GEORGE NUUS - Die fetus van 'n dogtertjie is omstreeks 14:00, Dinsdag 13 Maart in 'n inkopiesak in 'n oop veld oorkant Laerskool Kretzenshoop in Blanco gevind.
Na raming was die fetus tussen 7 en 8 maande oud, maar die ouderdom sal deur 'n nadoodse ondersoek bevestig word.
Die polisie het op 'n anonieme oproep gereageer na 'n kind wat in die veld gespeel het blykbaar op die sak met die fetus afgekom het.
Die George Herald kon nog nie bevestig hoe lank die sak reeds daar lê nie, maar met die koerant se aankoms het dit reeds 'n onaangename reuk gehad.
Volgens George-polisie se kommunikasiebeampte, sersant Michael Opperman, sal DNS-toetse gedoen word om die identiteit van die moeder te probeer vasstel.
'n Klag van verberging van swangerskap word ondersoek.
Enigiemand met inligting rondom die voorval kan adjudant-offisier Jerome Malan by 064 167 1796 skakel.
Patalogiese dienste verwyder die fetus.
'n Onderwyser van Kretzenshoop Laerskool het die handgemaakte kruis en blomme by die plek waar die fetus gevind is, neergesit. Foto: Kristy Kolberg
Lees 'n vorige artikel: Fetus in plastieksak gevind
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'