GEORGE NUUS - 'n Jong seun (11) het Saterdagmiddag beserings aan sy bobene opgedoen ná hy deur 'n veghond gebyt is.
Die eienaar van die hond, Fabian da Silva, het na bewering sy hond aangehits om drie kinders in New Dawn Park te byt.
Volgens die slagoffer, Lucian Geduld, se ouma, Charlene Nelson, is hy per ambulans na die George-hospitaal geneem waar sy wonde behandel is.
Hy het geen steke nodig gehad nie en is dieselfde aand ontslaan.
Die ander twee kinders, 'n meisie (16) en 'n seun (15) is ook in die hospitaal opgeneem na hulle ligte beserings opgedoen het.
Da Silva het Maandag in die George-landdroshof op 'n klag van ernstige aanranding verskyn en sal weer op 19 Maart in die hof wees.
Hy is op 'n waarskuwing vrygelaat.
Volgens Tuinroete-DBV senior inspekteur, Salomé Bruyns, is hulle na die toneel in New Dawn Park uitgeroep waarna hulle die hond gekonfiskeer het.
Hy is in aanhouding by die DBV en word gemonitor.
"Ek kan amper nie glo dat die dierbare hond iemand kon byt nie.
"Sy stert swaai, hy is ongelooflik vriendelik en in 'n goeie kondisie," het sy vandeesweek aan die George Herald gesê.
*A boy (11) sustained open wounds to his legs after he was bitten by a pit bull on Saturday afternoon.
The owner of the dog, Fabian da Silva, allegedly coaxed his dog to bite three children in New Dawn Park.
The 11-year-old Lucian Geduld's parents filed a criminal complaint after the incident and a case of assault is being investigated.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'