GEORGE NUUS - Kirsten & Tulleken Vervoer (KTV) het gaandeweg hul loopgraaf tot in die voorste linie van die Kommaweer Love 4 Vintage Somerliga vir besigheidspanne van die Outeniqua-rolbalklub oopgegrawe.
Met 'n goeie oorwinnig oor Butz & Gutz in die derde ronde van die reeks het hulle van die vyfde tot die eerste plek opgeskuif en spog nou met twee ligapunte voor die naaste teenstander, Disasters.
In vanaand se vierde ronde pak hierdie twee gedugte spanne mekaar juis en die uitslag kan, met nog net twee rondes oor, aandui wie uiteindelik met die louere kan wegstap.
Skubbe en Chanel Dog & Cat Parlour, wat ook goeie oorwinnings behaal het, blaas egter in hul nekhare en gaan alles insit om die voortou oor te neem.
Daar is egter nog 'n paar spanne wat nog 'n kans staan en 'n haas uit die hoed kan ruk.
Die wedstryde begin om 18:00 by die Outeniqua-rolbalklub in Airwayweg, Heatherlands en alle belangstellendes is welkom om dit by te woon. Die gelukstrekking volg om ongeveer 20:00 nadat al die wedstryde afgehandel is.
Die klublede berei ook ligte etes en 'n kontantkroeg is beskikbaar.
'Voorwaarts' is waarskynlik wat Johan Smit aan sy spanlede van Butterbowls gil terwyl hulle die balle op die proef stel. Die ander spanlede is van links: Michelle Pretorius, Kobus Huysamen en Anneke Smit.
Uitslae
1 KTV 37; 2 Disasters 35; 3 Skubbe 33; 4 Chanel Dog & Cat Parlour 31; 5 Vorster Motors 30; 6 Butz & Gutz 30; 7 Bruwer Reynolds Prokureurs 29; 8 Supporters 29; 9 The Privates 28; 10 JDL Printing 27; 11 Hot Stuff 26; 12 Ricoh 26; 13 Boardware 25; 14 Conti Kitchens 25; 15 Bowling Stones 23; 16 Aces High 23; 17 Angel's 22; 18 Just Property 22; 19 Bushwackers 21; 20 Kommaweer Stoffeerders 21; 21 Seamans Renault 20; 22 Fireballs 20; 23 Butterbowls 19; 24 Conti Granite 19; 25 4 Musketeers 16; 26 Mend a Bath 13; 27 Affluence Capital 12; 28 Matopa Plumbers 10.
Wedstrydlys
KTV t Disasters; Skubbe t Chanel Dog & Cat Parlour; Butz & Gutz t Vorster Motors; Supporters t Bruwer Reynolds Prokureurs; The Privates t JDL Printing; Hot Stuff t Ricoh; Boardware t Conti Kitchens; Aces High t Bowling Stones; Angel's t Bushwackers; Just Property t Kommaweer Stoffeerders; Seamans Reanult t Fireballs; Butterbowls t Conti Granite; 4 Musketeers t Mend a Bath; Affluence Capital t Matopa Plumbers.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'