Geen onderwys by George Hoër

Meer as ‘n duisend kinders drom saam buite die skool en op die skoolterrein, maar geen onderwysamptenare het tot dusver opgedaag nie.

GEORGE NUUSFLITS - Alle klasse by George Hoërskool het tot ‘n stilstand gekom nadat daar gisteraand op ‘n vergadering besluit is dat kinders nie klasse sal bywoon, alvorens die Wes-Kaapse Onderwysdepartement nie met ‘n alternatief na vore kom vir die vervalle en gevaarlike klaskamers nie.

Meer as ‘n duisend kinders drom saam buite die skool en op die skoolterrein, maar geen onderwysamptenare het tot dusver opgedaag nie.
 
Al die leerders is buite die skool in die pad en hul ouers laat hulle nie toe om die skoolterrein te betree nie.
 
'n Gespanne atmosfeer heers tans. 
 
 
 
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'


Your Comments

Copyright 2017 Group Editors Co PTY Ltd t/a George Herald