NASIONALE NUUS - Waldouw Smit van Gimmies in Potchefstroom het besluit om uit dankbaarheid vir alles wat sy oupa en ouma al vir hom beteken het, haar na sy matriekafskeid saam te neem.
Waldouw en ouma Yvonne het ’n staande toejuiging gekry toe hulle in ’n 1970 Mazda De Lux, wat reeds vier geslagte in die familie is, by Gimmies se sportveld opgedaag het.
Die matriekafskeid is voorafgegaan deur ’n geleentheid op die rugbyveld waar die paartjies hulself en die voertuie waarin hulle gery het, kom wys het.
Op die nommerplaat van die Mazda was die woorde: “Ouma en Kleinseun”.