GEPRGE NUUS - Landwyd sal talle kettingwinkels op Vrydag 13 Oktober die uitsonderlike waarde van eiers vier.
Volgens Marlene de Waal, boekhouer van Morningside Eggs in CJ Langenhovenstraat, George, vier hulle jaarliks eierdag by hul winkel. Hulle sal van 8:00 tot 17:30 oop wees.
"Eiers is goed, gesond, veelsydig en goedkoop. Baie min mense verstaan die werk wat dit vereis om 'n eier op die rak te kry.
"Eiers is regtig fantasties," sê sy.
Mense word gereeld aangemoedig om 'n gebalanseerde dieet te volg, wat genoegsame proteïene, vitamiene en voedingstowwe insluit, en eiers is die verkose kos wat alles bevat.
Eiers is die natuur se natuurlike vitamienpil, want dit is ryk aan aminosure, kalsium, natrium, jodium, selenium, cholien en vitamiene A, B, D en E. Sodoende kan eiers die risiko van hartsiektes en borskanker verlaag en gesonde groei en veroudering bevorder.
Marlene sê vanjaar sal Morningside Eggs hul winkel weer versier en inligtingsblaaie aan kliënte uitdeel met interessante idees waarvoor eiers anders gebruik kan word.
"Het jy geweet dat vloeistof in die eierdop antibakteriële eienskappe bevat en dat eierwit goed is vir gesig maskers," sê Marlene.
Agter die skerms in die beligtingskamer verseker Susan Wildeman dat die eiers die kwaliteitsbeheer proses slaag.
ARTIKEL: BRUMILDA SWARTBOOI
'Ons bring jou die nuutst George, Tuinroete nuus'