
Buurtwag verteenwoordigers en George Munisipaliteit se verkeerswetstoepassers sowel as Afriforum gesels met Kapt Louis Boshoff (tweede van regs) in die parkeergronde van die Checkersgronde in Yorkstraat voordat hulle vertrek om die dorp te patrolleer om gesamentlik die misdaad te bekamp en vir die onderskeie groepe om mekaar beter te leer ken sowel as om die skollies bewus te maak van die burgers se vasberadenheid om 'n normale samelewing te kan handhaaf. Die sekuriteitsmaatskappye het ook onderneem om deel te neem aan die aksie. Foto: Pauline Lourens.