Eric Francis (38) en 'n familielid het pas by sy huis in Wentzelstraat, George-Suid stilgehou toe hy die eerste keer op die stoep val. Hy het 'n kopwond opgedoen en binne die huis op die bed gaan lê terwyl hulle op 'n dokter gewag het. Francis het opgestaan om badkamer toe te gaan en toe weer geval.
