|
|
Vermeende pedofiel se prokureur onttrek
08:00 (GMT+2), Fri, 17 August 2012
|
|
|
GEORGE NUUS - Adrian Wilson-Forbes (59), die vermeende pedofiel van Knysna, se prokureur het hom Maandag van die saak onttrek en aangevoer dat dit weens finansiële redes is. Mnr. Carl Jeppe van Jeppe Prokureurs in Plettenbergbaai was sy regsverteenwoordiger.
Wilson-Forbes staan tereg op 36 aanklagte van seksuele misdrywe teen kinders wat verkragting, seksuele aanranding, onwettige besit van pornografie, vervaardiging van kinderpornografie, die gebruik van 'n kind vir die vervaardiging van kinderpornografie, seksuele uitbuiting van 'n kind, kinderhandel insluit om maar 'n paar te noem.
Die saak is uitgestel tot 25 September vir Wilson-Forbes om 'n nuwe regsverteenwoordiger aan te stel.
Die hof het ook 'n bevel uitgereik om 'n bloedmonster van Wilson-Forbes te bekom vir DNS-toetse, nadat hy vroeër nie sy samewerking aan die polisie wou gee nie.
Landdros EP Yono het Wilson-Forbes se borgtog aansoek in Junie van die hand gewys waarna hy hom vroeër die maand tot die Wes-Kaapse hooggeregshof gewend het waar sy appèl ook misluk het.
* The lawyer of the alleged paedophile from Knysna, Adrian Wilson-Forbes (59), withdrew from the case due to financial reasons. Wilson-Forbes will appear in the George Magistrates Court again on 25 September.
ARTIKEL: LIZETTE DA SILVA, GEORGE HERALD-JOERNALIS
Lees 'n vorige artikel hier.
|
|
|
|
|
|
|
|
Your Comments...
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Be the first to comment on this story...
|
|
Please login at the top of the page.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Latest News
|
|
|
|
|
|
|
|
|
I'm a 55 year old man looking to meet women between the ages of 37 and 55.
I'm a 43 year old man looking to meet women between the ages of 21 and 48.
I'm a 36 year old woman looking to meet men between the ages of 32 and 45.
I'm a 29 year old woman looking to meet men between the ages of 30 and 35.
|
|
|
|
|
|
|