Nuwe klere vir Maori's-rugbyklub

Ys vir twee jaar. Dit was Total Sandkraal se skenking aan die Maori's-rugbyklub terwyl hulle nog in die SWD Presidentsliga gespeel het. Maar soos die klub spiere gebult en opgang gemaak het in dié liga, het Piet Gelderblom, eienaar van Total Sandkraal, sy borgskap van dié klub algaande verhoog. Nou speel Maori's in die SWD Premierliga en spog hulle met splinternuwe oefenklere en wedstrydtruie wat oral die oog vang en bewondering afdwing.

Foto's: Hugo Redelinghuys

Copyright 2017 Group Editors Co PTY Ltd t/a George Herald