Saturday 08:15
clear sky
Tomorrow:
overcast clouds 16°
George
Die Suid-Kaapse Ope van die Suid-Afrikaanse Jaggeweerskietvereniging (SAJSV) wat op 1 Oktober by Louvain aangebied is, het met die ondersteuning van verskeie borge, sowat R50 000 se pryse op die spel gehad. Die kompetisie het volgens die voorgeskrewe formaat bestaan uit twee ghongbane, waar skuts skiet oor onbekende afstande wat wissel van 150 m tot 400 m na ronde staalskywe, en vier papierteikenbane waar daar geskiet word na lewensgrootte papierteikens waaronder blesbokke, springbokke, vlakvarke en rooibokke. Veral die blesbokteiken, geskiet uit die knielposisie vanaf 'n driepootrus op sowat 200 m, het vele skuts laat kleitrap.
George Herald proudly displays the “FAIR” stamp of the Press Council of South Africa, indicating our commitment to adhere to the Code of Ethics for Print and online media which prescribes that our reportage is truthful, accurate and fair. Should you wish to lodge a complaint about our news coverage, please lodge a complaint on the Press Council’s website, www.presscouncil.org.za or email the complaint to enquiries@ombudsman.org.za. Contact the Press Council on 0114843612.
Copyright 2025 Group Editors Company (Pty) Ltd, Registration Number 1963/002133/07 t/a George Herald