Saturday 05:15
clear sky
Tomorrow:
broken clouds 16°
George
Die paar ton vleispakke het Saterdag soos die spreekwoordelike soetkoekies in die mandjies van kopers beland toe 'n berg vars vleis binne 50 minute tydens die NG Kerk Blanco se Vleisfees verkoop is. Die vleis van 33 beeste, ses lammers, 'n koedoe en verskeie varke is die voorafgaande week deur 'n groot groep vrywilligers in die 4 Brothers Aartappelstoor verwerk, geweeg en in pakkies opgemaak. Meer as 'n ton boerewors is volgens die gemeente se legendariese resep berei en was weer baie gewild onder kopers. In die afwesigheid van Koeloe Koen, wat vir baie jare aan die spits van die vleisfees gestaan het en onlangs oorlede is, het Johan van Greunen en Nico van Rensburg ingestaan en die leiding met die reusetaak geneem.
George Herald proudly displays the “FAIR” stamp of the Press Council of South Africa, indicating our commitment to adhere to the Code of Ethics for Print and online media which prescribes that our reportage is truthful, accurate and fair. Should you wish to lodge a complaint about our news coverage, please lodge a complaint on the Press Council’s website, www.presscouncil.org.za or email the complaint to enquiries@ombudsman.org.za. Contact the Press Council on 0114843612.
Copyright 2025 Group Editors Company (Pty) Ltd, Registration Number 1963/002133/07 t/a George Herald