Update
GEORGE NUUS - ‘n Borgtogaansoek vir ‘n plaaslike konstabel wat van verkragting aangekla word, is wel gistermiddag (Donderdag 8 Februarie) in die George-landdroshof aangehoor.
Die konstabel (27) is in Januarie vir die verkragting van sy vriendin se minderjarige dogter in hegtenis geneem.
Die verdagte, wie se naam nie bekend gemaak mag word nie om die identiteit van die slagoffer te beskerm, het gisteroggend in die hof vir sy borgtogaansoek verskyn waar die saak aanvanklik tot 26 Februarie uitgestel is.
Die sake op die hofrol was gister egter vroeg afgehandel en daar was genoeg tyd om sy borgtogaansoek later die middag weer aan te hoor.
Die verdagte is vrygelaat op borgtog van R1 000.
Hy sal weer op 9 Maart in die hof wees.
Volgens Moses Dlamini, nasionale woordvoerder van die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) is die verdagte op ses aanklagte van verkragting in hegtenis geneem nadat die slagoffer haar ma van die beweerde voorvalle vertel het.
Sy het toe haar dogter na die polisiekantoor vergesel waar 'n saak van verkragting gemaak is.
Lees 'n vorige artikel: Constable in custody on rape charges
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'