GEORGE SPORT NUUS - Wido Rudolph, 'n gr. 8-leerder van Glenwood House, het by die SA skole-galakampioenskappe in Pretoria uitgeblink en sewe medaljes losgeswem.
Hy was een van ses swemmers wat gekies is om Eden by dié byeenkoms, wat oor vier dae gestrek het, te verteenwoordig.
Wido het goue medaljes verwerf in die 4 x 100 m-vryslagaflos en die 4 x 50 m-wisselslagaflos, silwermedaljes in die 50 m-borsslag, 100 m-borsslag en die 4 x 50 m-vryslagaflos en 'n bronsmedaljes in die 50 m-vryslag.
Franna Vorster, die 2019 SA driekampkampioen (50-54 jaar) en swemafrigter by die Garden Route-swemskool, was hoog in sy skik met die prestasies van twee van sy swemmers, Wido Rudolph en Ashley Gerber.
"Ek is baie trots met albei swemmers se prestasies teen van SA se bestes."
Franna voorspel nog 'n blink toekoms in die swembad vir Wido.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'