TUINROETE NUUS - Die jaarlikse Sportscentre Deurnag-derby, waarvan die formaat verander het, vind op 6 en 7 Desember plaas wanneer hengelaars die blinklywe deur die nag gaan jag.
Geen vangste gaan hierdie keer by die prysuitdeling toegelaat word nie. Die derby is juis gestruktureer om die vrylating van vangste te bevorder. Die volledige instruksies kan agterop die deelnemerskaartjie gelees word.
Groot pryse ter waarde van R58 000 is daar om gewen te word insluitende gelukstrekkings. Daar is ook pryse vir dames en o.16's.
Die kompetisie word op rots, strand en rivier gehengel en sluit die area van Stilbaai tot Nature's Valley in. Bote kan ook op riviermondings en mere gebruik word.
Inskrywings is R60 per hengelaar en is beskikbaar by Sportscentre, Arms & Tackle, X-Treme Fishing en Tackle Traders in George, asook J&J Marine Sales en X-Treme Outdoors in Mosselbaai, Fishing Extreme & Outdoor Pro Shop in Voorbaai en Sportscentre en Breezers in Knysna.
Vir enige navrae, skakel Sportcentre by 044 873 4240 of Tersius Baard by 082 965 5904. .geskakel word.
'Ons brin gjou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'