EDEN DISTRIK NUUS - Eden-driekamp het verlede Sondag sy vierde en laaste byeenkoms van die seisoen se reeks oefenbyeenkomste vir senior atlete (12 jaar en ouer) by die Fairy Knowe Hotel in Wilderness aangebied.
Die uitslae van die reeks sal gebruik word om 'n span te kies wat die streek sal verteenwoordig by die nasionale driekampkampioenskappe wat op 23 en 24 Maart in Durban plaasvind.
Met heelwat van die bekende senior atlete wat nog hul wonde lek ná afloop van die onlangse Half Ysterman, was dit Sondag uiteindelik die ervare Mauritz Jansen van Rensburg wat met die louere weggestap het in die standaard-afstand vir mans. In die senior vroueafdeling het Annemarie Cronjé geseëvier.
Die podiumuitslae was:
Standaard (1 500 m-swem, 40 km-fietsry, 10 km- hardloop):
- Mans: 1. Mauritz Jansen van Rensburg (02'26"38) 2. Iniël Hattingh 3. Ruan Venter.
- Vroue: 1. Annemarie Cronjé (02'58"42)
Naelren (Sprint) (750 m-swem, 20 km-fietsry, 5 km-hardloop):
- Senior mans: 1. Tjaart van Heerden (01'18"34) 2. Derek Smith 3. Anton Joubert.
- Junior mans: 1. Siemon Joubert (01'10"38) 2. Llewelyn Viljoen 3. André Kleynhans.
- Senior vroue: 1. Christene Wilson (01'29"09) 2. Jo Peters.
- Junior vroue: 1. Jess Devine (01'18"44) 2. Anlize Vermeulen
- Super naelren (Super sprint) (400 m-swem, 10 km-fietsry, 2,5 km-hardloop):
- Senior mans: 1. Joffrey Pienaar (00'46"20) 2. Leon Viljoen 3. Gerrie Janse van Vuuren.
- Junior mans: 1. Christian Hattingh (00'37"20) 2. Joshua Vorster 3. Sebastian Swart.
- Senior vroue: 1. Marina Devine (00'57"55) 2. Jana Harris.
- Junior vroue: 1. Klara Joubert (01'10"25).
Atlee van Eden-driekamp kan nou uitsien na 'n dubbelkampreeks (duathlon) van vier byeenkomste. Duathlon bestaan hardloop-fietsry-hardloop - als aaneenlopend.
Die datums vir die dubbelkampreeks vir seniors (ouderdom 12 jaar +) is: 17 Februarie, 31 Maart, 14 April en 12 Mei. Almal is welkom, beginners ook. Diegene wat nie padfietse het nie, is welkom om met bergfietse deel te neem. Spanne is ook welkom om in te skryf en op 'n aflosbasis deel te neem.
Christene Wilson het die afdeling vir senior vroue ingepalm. Foto's: Anél oosthuizen
Wat die junior atlete (ouderdomme 3-13 jaar) betref, sal die volgende driekampbyeenkoms op Vrydag 15 Februarie by Glenwood House in George plaasvind as deel van 'n ontwikkelingsliga vir laerskole onder leiding van oud-Springbok-driekampatleet, Franna Vorster.
Belangstellendes kan vir Corné Hattingh van Eden-triathlon bel by 083 289 2544 of per e-pos by edentriathlon@gmail.com.
Hou ook gerus Eden-triathlon se Facebook-blad dop vir driekamp (en dubbelkamp) gebeure.
Jo Peters op pad na haar tweede plek in die afdeling vir senior vroue.
Sunet Liebenberg in aksie tydens verlede Sondag se driekampbyeenkoms by Faire Knowe Hotel.
Christian Hattingh was die beste junior mansatleet.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'