GROOT-BRAK ROLBALNUUS - Tydens die klub se algemene jaarvergadering het Groot-Brak-rolbalklub sy presteerders van die afgelope jaar met trofeë en toekennings vereer.
Die enkelspelkampioene van die mans- en damesafdelings was Floris Brand en Tersia Robertson.
Gerhard de Villiers is as die beginner-wenner (mans) gekroon met Bets van der Westhuizen wat die beginner-wenner (dames) was.
Die parekampioene (mans) was Ashley Krauspe en Peter Menge en die parewenners (dames) Rosa van der Merwe en Joey Buitendag.
Die gemengde parewenners was Floris en Rene Brand.
Marchelle Joubert, Dries Kruger en Bets van der Westhuizen is as geslote driespelwenners gekroon terwyl Rosa van der Merwe, Ashley Krauspe en Anne-Marie Jonker die gemengde driespelwenners was.
Die gemengde vierspelwenners was Dries Kruger, Bets van der Westhuizen, Erna Pretorius en André Lombard.
Hannes Bruwer het die trofee ontvang as klublid wat 'n besondere prestasie bereik het.
Die klub se driespel- en vierspelkampioene is agter, van links: Marcelle Joubert, Rosa van der Merwe, Ashley Krauspe en Anne-Marie Jonker. Voor: Dries Kruger, Bets van der Westhuizen, Erna Pretorius, André Lombard.
Die enkelspel- en parewenners is voor, van links: Floris Brand, René Brand, Hannes Bruwer, Bets van der Westhuizen en Gerhard de Villiers, Agter: Rosa van der Merwe, Joey Buitendag, Ashley Krauspe en Peter Menge.
'Ons bring jou die nuutste Groot-Brakrivier, Tuinroete nuus'