GEORGE NUUS - Heelwat byltjies is blink geslyp vir die Assupol-besigheidsligareeks van die Outeniqua-rolbalklub wat vanaand (Donderdag) afskop.
Accidental Bowlers, wat die vorige reeks se eindstryd met 'n voorsprong van sewe ligapunte begin het, is in hierdie laaste wedstryd deur Ricoh gepootjie en moes met die tweede plek tevrede wees. Nou is hierdie twee spanne gereed met die byltjies om mekaar in die nuwe reeks met mening te pak.
Daar is ook verskeie ander spanne wat die byltjies vir die reeks van ses wedstryde geslyp het. Die meeste van die spanne in die vorige reeks is in aksie met 'n paar nuwe spanne wat ook ingeskryf het.
Die wedstryde word elke Donderdagaand vanaf 18:00 op die bane van Outeniqua-rolbalklub in Airwayweg, Heatherpark, gespeel. Die klub berei ligte etes en 'n kontantkroeg is ook beskikbaar.
Borge wat nog betrokke wil raak met pryse vir die weeklikse prystrekking kan Greg Young by 082 804 8943 skakel.
Deelnemende spanne kry ook Dinsdagaande die geleentheid om gratis op die klub se bane te oefen en die byltjies skerper te slyp.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'