TUINROETE GHOLFNUUS - Die Kankervereniging (Kansa) bied op Saterdag 20 Maart 'n gholfdag aan by Pinnacle Point in Mosselbaai waar putjies teen R500 beskikbaar is, asook die geleentheid om saam met ‘n rugbylegende in ‘n 4-bal te kan speel.
Die legendes wat “te koop” aangebied word is Tiaan Strauss, Marius Schoeman (Sewes-faam), Marius Joubert, De Wet Barry, Danie Gerber, Anton Leonard, Johann Kapp, Conrad Breytenbach, Hottie Louw, Braam Els, Mark Wood, Meyer Bosman, Manie du Toit, Gavin Hume, Charl Marais en Jaco Gouws.
Die koste hier beloop R799 per persoon vir die drie wat saam met die legende wil speel plus R1000 vir die legende. By hierdie prys is ‘n gholfkarretjie, spelersfooi, donasie aan Kansa en ‘n ligte maaltyd met die prysuitdeling ingesluit.
Pragtige pryse is by al hierdie gholfdae te wen, en gholfspelers regoor die spektrum word uitgenooi om by van die gholfdae betrokke te raak.
Vir meer inligting, skakel Minette van Zyl by 082 443 3601.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'