TUINROETE ATLETIEKNUUS - Die span atlete wat Eden-driekamp op 20 en 21 Maart by die Suid Afrikaanse kampioenskappe in Bloemfontein gaan verteenwoordig, is pas bekendgemaak.
Daar sal in verskillende afstande en ouderdomsgroepe deelgeneem word en die span bestaan uit atlete van so jonk as 12 jaar tot atlete van so oud as 59.
Die span is:
Super naelren (400 m-swem, 10 km-fietsry, 2.5 km-hardloop):
- Daniël van Zyl (seuns 12-13)
- Karli Lötter (dogters 12-13)
- Annabelle McEwan (dogters 12-13)
- Anje van Niekerk (dogters 12-13)
- Sebastian Swart (seuns 14-15)
- Hanno Maritz (seuns 14-15)
- Jan-Hendrik van Rooyen (seuns 14-15)
- Gerbrandt van der Merwe (seuns 14-15)
- Lome Gouws (dogters 14-15)
Naelren (750 m-swem, 20 km-fietsry, 5 km-hardloop):
- Christian Hattingh (seuns 16-17)
- Josua Vorster (seuns 16-17)
- Schalk Meintjies (seuns 16-17)
- Bonga Nkqintiza (mans 20-24)
- Jo-Mari Smith (vroue 30-34)
- Eileen de Jager (vroue 35-39)
- Werner Botha (mans 40-44)
- Sunet Liebenberg (vroue 40-44)
- Helena Ferreira (vroue 40-44)
- Kobus Meyer (mans 45-49)
- Franna Vorster (mans 50-54)
- Malan du Preez (mans 50-54)
- Jo Pieters (vroue 50-54)
- David Savage (mans 55-59)
Standaardafstand: (1500 m-swem, 40 km-fietsry en 10 km-hardloop):
- Heinrich Muller (mans 50-54)
- Tina van Wyk (vroue 55-59)
Volgens die voorsitter van Eden-driekamp, Gerhard Liebenberg, het die streek tot dusver uitstekend gevaar op nasionale vlak en reeds verskeie Suid Afrikaanse kampioene in hul onderskeie ouderdomsgroepe opgelewer. Hy sê dit getuig van die hoë standaard van driekamp in die streek.
Dit is egter die insluiting van die groot aantal juniors waarop Liebenberg die trotste is. Atlete kan eers vanaf die ouderdom van 12 jaar vir provinsiale kleure in aanmerking kom.
Heelwat van hierdie juniors is die produk van Eden-driekamp se volgehoue ontwikkelings-byeenkomste, gemik op laerskoolkinders, wat reeds etlike jare plaasvind en waaraan selfs kleuters van so jonk as vier jaar deelneem.
Die ontwikkelings-werk wat nou begin vrugte afwerp, is veral te danke aan die betrokkenheid van mense soos die oud-Springbok-driekampatleet, Franna Vorster en Sas du Plessis, skoolhoof van Laerskool George Suid, wat baie ure se harde werk en beplanning ingesit het om hierdie ontwikkelingsbyeenkomste gestalte te gee.
"Eden kan baie trots wees op die visie en harde werk van mense soos dié," het Liebenberg gesê.
Hy het die span sterkte toegewens en sy wens uitgespreek dat die atlete dit sal geniet en weer, soos in die verlede, met 'n paar medaljes terug sal keer.
Besoek gerus Eden Triathlon se Facebook-blad vir meer inligting.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'