Dieremishandeling

GEORGE NUUS - Die Tuinroete Dierebeskermingsvereniging (DBV) het vandeesweek weer ’n dringende beroep op die publiek gedoen om voorvalle van dieremishandeling dadelik aan te meld en so hierdie euwel te help bekamp. 

Inspekteurs het verlede week ‘n hondjie in Golden Valley, Blanco gevind, nadat hy 'n week vantevore beseer is.

Volgens Salomé Botha, ‘n inspekteur by die DBV, het die eienaar geen poging aangewend om hulle te kontak nie of om die dier, wat ‘n diep wond bo-op sy rug gehad het, te help nie.

Die Tuinroete DBV se nommer is 044 878 1993.
Vir noodgevalle, skakel 082 378 7384.


Your Comments
Back to Top

Copyright 2017 Group Editors Co PTY Ltd t/a George Herald