Neef in streekhof vir oom se moord

Generiese foto.

GEORGE NUUSFLITS - Die moordsaak teen Brandon Stalmeester (23) van Pacaltsdorp is vandag (20 Maart) na die streekhof oorgeplaas vir verhoor. Stalmeester sal op 5 April in die Thembalethu-streekhof verskyn.
 
Hy word aangekla van die moord op sy oom, Ernst Hartnick (54). Hartnick se liggaam is op 29 Oktober 2016, met 'n gapende wond aan sy kop, in sy kamer op die vloer aangetref.
 
Hy is vermoedelik verskeie kere met 'n stomp voorwerp geslaan.
 
Daar word beweer dat Hartnick en Stalmeester oor erfgeld gestry het. Stalmeester bly in aanhouding nadat hy borgtog geweier is.
 
Klik hier vir vorige artikels:
Lees meer in Donderdag se George Herald, asook aanlyn.
 
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'


Your Comments
Back to Top

Copyright 2017 Group Editors Co PTY Ltd t/a George Herald