Waglys by Laerskool Mzoxolo

Juffrou Zimela Mpayipeli van Mzoxolo Primêr dra 'n les voor oor sintuie aan haar graad 1-klas. Foto: Brümilda Swartbooi

GEORGE NUUS - Raymond Eagan, Mzoxolo se skoolhoof, sê hulle verwelkom vanjaar 184 nuwe graad 1's. Eagan sê daar was wel laat registrasies.
 
"Ons het tans 'n waglys vol hoopvolle leerders, maar het reeds 36 leerders in elke klas."
 
Parkdene Laerskool akkommodeer vanjaar 186 nuwe graad 1-leerders.
 
Die skoolhoof, BR Kock was opgewonde oor die nuwe leerders. "Ons het minder graad 1's as die vorige jaar, maar die totale som van leerders in die skool het toegeneem."
 
Die skool het 12 laat registrasies gehad.
 
 
ARTIKEL & FOTO'S: BRUMILDA SWARTBOOI 
 
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus' 


Your Comments
Back to Top

Copyright 2017 Group Editors Co PTY Ltd t/a George Herald