PW Botha Kollege behaal 92,4%-slaagsyfer

Vier van PW Botha Kollege se vyf topkandidate saam met hulle hoof, Pieter Myburgh. Van links staan Adriaan Pieters (2de), Janique Goliath (5de), Marinda Broersma (1ste) en Astrodene Blaauw (3de). Foto's: Alida de Beer.

GEORGE NUUS & VIDEO - PW Botha Kollege het byna-byna sy matriekslaagsyfer van 2015 geëwenaar met 'n uitstekende 92,4% van 2016 se graad 12's wat die senior sertifikaateksamen suksesvol afgelê het.

'n Totaal van 147 kandidate het die eksamen geskryf, 30 meer as in 2015 toe die slaagsyfer 'n aks hoër op 93,9% gestaan het. Die klas van 2016 het 14 A-vakgemiddeldes behaal. Vyf-en-dertig het universiteitsvrystelling gekry, 74 diploma- en 25 hoërsertifikaatvrystelling.
 
Die skoolhoof, Pieter Myburgh het gesê hy is baie in sy skik en trots op sy leerders. Sommige leerders het vanoggend al lank voor 12:00 by die skool opgedaag om hul uitslae te ontvang en die senuwees het geknaag, maar daar was agterna talle verligte en tevrede glimlagte.

Marinda Broersma is die skool te topkandidaat met Adriaan Pieters 'n kort kop agter haar in die tweede plek met slegs 'n punt verskil.

Astrodene Blaauw was derde, Zariena Lee vierde en Janique Goliath vyfde. Hierdie vyf matrieks het almal B-gemiddeldes behaal.
 

Kyk hieronder na 'n video waar die skoolhoof, Pieter Myburgh die topvyfkandidate aankondig:



Kyk na 'n video-onderhoud hieronder met topkandidaat Marinda Broersma.

 

Benjamin Boonzaier en Marinda Broersma wens mekaar geluk. Marinda is die topkandidaat van PW Botha Kollege. Benjamin het 'n beurs gekry vir 'n opleidingskursus in sweiswerk by Africa Skills Village en Marinda gaan 'n skoonheidsterapiekursus volg waarna sy hoop om op passasierskepe te werk. Foto's: Alida de Beer


PW Botha Kollege se prinsipaal saam met twee baie tevrede kandidate. Fabian Lehloka (links), is 'n kletsrymer wat vir homself 'n lewe in die musiekwêreld wil uitkap. Hy droom ook van 'n loopbaan as sjef. Lando Kleynhans gaan 'n kursus in gasvryheidsbestuur by NQTAC doen.


Vier van PW Botha Kollege se vyf topkandidate saam met hulle hoof, Pieter Myburgh. Van links staan Adriaan Pieters (2de), Janique Goliath (5de), Marinda Broersma (1ste) en Astrodene Blaauw (3de).
 
ARTIKEL, FOTO'S & VIDEO: ALIDA DE BEER, GEORGE HERALD-JOERNALIS 
 
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'


Your Comments
Back to Top

Copyright 2017 Group Editors Co PTY Ltd t/a George Herald