Kolwyntjies en gemmerbier met skop

GEORGE NUUS - Van kleurvolle kolwyntjies en driehoekige samoesas tot gemmerbier met skop gaan aanstaande Vrydag ingespan word om die kuierbasaar van die NG Gemeente Blanco in 'n egte aartappelstoor 'n belewenis te maak.

Die basaar vind in die 4 Brother-aartappelstoor naby die George-lughawe plaas. Behalwe die witolifanttafel, tombolatafel, terte, beskuit, worsrolle en poeding is daar ook 'n tuinboutafel, koffiekroeg met sitplek, potjiekos en ander interessant-hede wat die basaar 'n ware kuierplek gaan maak.

Dit begin om 17:15 op Vrydag 16 Maart en die deure sluit eers wanneer almal uitgekuier is. Navrae: 044 870 7595.


Your Comments
Back to Top

Copyright 2017 Group Editors Co PTY Ltd t/a George Herald