Saturday 17:16
clear sky
Tomorrow:
overcast clouds 16°
George
Sy was twaalf jaar oud toe sy op 13 September 1976 deur die onluspolisie doodgeskiet is. Abeeda Harris, 'n leerder van Heidedal Primêr, was op pad winkel toe om lekkers te koop toe sy onwetend deur 'n area gestap het waar die polisie en jeugdiges van die gemeenskap slaags geraak het. Sy is deur 'n koeël getref en in 'n polisiewa gegooi waar sy later gesterf het. Hierdie voorval het plaasgevind in die tyd toe jeugdiges landswyd teen die destydse apartheidsregering betoog het. Abeeda is een van 'n paar onskuldige mense in Borcherds wat daardie dag hul lewens verloor het. Haar ontydige dood is Dinsdag 13 September - veertig jaar later - deur familie, leerders en onderwysers van Heidedal Primêr by die skool herdenk.
George Herald proudly displays the “FAIR” stamp of the Press Council of South Africa, indicating our commitment to adhere to the Code of Ethics for Print and online media which prescribes that our reportage is truthful, accurate and fair. Should you wish to lodge a complaint about our news coverage, please lodge a complaint on the Press Council’s website, www.presscouncil.org.za or email the complaint to enquiries@ombudsman.org.za. Contact the Press Council on 0114843612.
Copyright 2025 Group Editors Company (Pty) Ltd, Registration Number 1963/002133/07 t/a George Herald