Nege huisies in Pacaltsdorp waarvan sommige meer as 100-jaar oud is, gaan binnekort aan voormalige skoenmakers en werkers van die ou Urban-skoenfabriek oorgedra word. Die huisies is tans die eiendom van George-munisipaliteit. Die besluit om die wonings na jare aan die inwoners te gee, vir 'n bedrag van R100, is verlede Donderdag 25 Maart tydens 'n raadsvergadering geneem.