Gallery
GEORGE NUUS - Die Môreson-myl, 'n jaarlikse hoogte-punt op die Môreson ACVV Kinder- en Jeugsorgsentrum se kalender, het verlede Saterdag, 8 April, plaasgevind. Halfway Toyota George was die hoofborg van die geleentheid.
Vanjaar het die Halfway Toyota George Môreson Oop Water 1 Myl Swem 'n nuwe rekord bereik met 'n totaal van 116 swemmers (teenoor 36 swemmers in 2022) wat hierdie jaar die 1,6 km oop water swem aangedurf het.
Die inskrywingsfooi en donasies vorm deel van 'n fondsinsamelingsprojek wat aangewend word vir die opgradering van die sentrum se fasiliteite wat tans 96 kinders van George huisves.
FOTOGALERY: Môreson-mylers swem dat dit klap
Een van die swemmers, Judy Dixon, het vanjaar in die ouderdom van 81 jaar haar tweede Môreson-myl voltooi. Ludick Swart is ook die eerste gestremde swemmer wat die aan die Môreson-myl voltooi het.
Wenners van die dag
Mans:
Christiaan Hattingh 27:06
JP van der Merwe 30:55
Renier van Greunen 31:43
Vroue:
Maric de Raubaix 31:22
Jo-Mari Smith 34:30
Woude Muller 35:13
Die oudste swemmer van die Môreson-myl, Judy Dixon en Heinrich Muller wat 'n handjie gee by die podium.
Rolstoel-swemmer Ludicl Swart is die eerste swemmer met 'n gestremdheid wat die Môreson-myl voltooi het. Foto: Deidre Cloete
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’