Maar Stilbaai-hengelklub het die meeste belangrike toekennings ná afloop van die seisoen gewen. Dié klub se A-span het die goue medalje gebuit en is ook as die kampioenspan aangewys.
Onder die individuele pryse is Xander de Beer vir die tweede agtereenvolgende seisoen as die tophengelaar aangewys, Elzanne Cronje is as die sportvrou van die jaar vereer en Niekie Kleynhans is as die junior sportman van die jaar bekroon.
Die totale massa vis wat gesamentlik tydens die seisoen gevang is, was 'n allemintige 8 900 kg.
Hiervan was 124 eetbare vis waarvan 112 lewendig teruggesit is (91%).
Die oneetbare vis was 2 085 waarvan 100% teruggeplaas is.
Die wenners van die winterliga was George-hengelklub se A-span.
Die ander individuele pryswenners was top meester hengelaar - Kallie Erasmus (Knysna), sportman van die jaar - Henrico Lesch (Outeniqua) en sportpersoon van die jaar - Hennie Kleyn (Atlantic).
Die provinsiale spanne wat goed gevaar het tydens die 2014 nasionale kampioenskappe en vereer is, is: se-nior A-span, kampioenspan (goud), senior B-span, kampioenspan (goud), ontwikkelingspan (2 spanne) - 4de en 7de, damesspan - 5de, meestersspan - 9de, grootmeestersspan - 4de en o.21-span - 4de.

Die kampioenspan van Stilbaai met hul trofee. Die spanlede is van links Ruan Westraad, Niekie Kleynhans, Dirkie Saayman, AJ de Beer, Xander de Beer, Mathew Sumner, Raldu Potgieter en Willie Welman. Afwesig: Chris van Zyl en Floris Marias.

Henrico Lesch ontvang sy trofee van Antoi Forbes.

Die George-hengelspan wat die winterliga gebuit het. Van links staan Bernard van Wyk, Mel Frost, Tersius Baard, Marius Baard, Tersius Baard (jr.) en Leon van der Mescht.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Klein-Karoo nuus'